Regverdige mond

Ek het ‘n díng oor eerlikheid. Ek verpes dit as iemand ‘n leuen vertel of die waarheid verdraai. Moenie oordryf nie. Moenie stertjies bylas nie. Moenie die waarheid manipuleer nie. (Ek het ‘n renons in manipulasie ook, maar dit laat ek vir ‘n ander dag.) Dieselfde maat waarmee ek ander oordeel, oordeel ek my ook. Ek is gedurig besig om my eie woorde te bedink: is dit wat ek sê regtig die waarheid?

Ek moet sê dat ek my op ‘n plek bevind waar ek taamlik trots op my vlak van eerlikheid is. Ek sê ‘n ding soos dit is. Ek skimp nie. Ek erken wanneer ek fouteer of sukkel. Ek probeer konstant om die regte woorde te vind om ‘n ding ráák te sê. Ek het my woorde nou al so geskaaf en geskuur dat ek met selfvertroue kan sê dat ek die waarheid praat. Dit maak my mos ‘n taamlike regverdige mens, dan nie?

Gisteraand het ek Psalm 37 gelees en die dertigste vers is wat my aandag getrek het:

Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

Ek het dit gelees en toe teruggegaan en weer gelees. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, nie waarheid nie! Ja-ja. Waarheid is ook ‘n goeie ding en God is waarheid en al daardie dinge, maar dit gaan oor WYSHEID!

Ek praat die waarheid oor my gevoelens en my waarnemings en my herinneringe, maar dit gaan alles oor mý. Wysheid gaan nie oor die individu nie. Wysheid gaan oor God die Vader, die Skepper van die heelal wat dag en nag geloof en geprys moet word.

Doen ek dit? Nee. Ek wil eintlik sê nee, nog nie. Ek wil. Ek wil wysheid bekom. Ek wil wysheid verkondig en spreek van wat reg is. Ek wil nie meer net op aardse vlak leef en dink nie. Ek wil die dinge bedink wat daarbo is, soos Paulus ons aanmoedig.

Ek het nog baie werk aan my, maar genadiglik het God baie geduld ook.

mond

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s