“Bid vir my”

Ek kan nou nog in my geestesoog sien hoe ek en my suster op my ouma se sitkamermat speel. Dan raak ons lus vir my ouma se tuisgebakte koekies. “Gaan vra jý vir haar of ons kan kry,” sê ek dan.

My suster was duidelik my ouma se gunsteling kleindogter. Dit was te verstane, want sy was altyd die gehoorsame een. Ek, aan die ander kant, was meer die hardkoppige kind. Dit het my nie gepla om nie die gunsteling te wees nie. Solank ek nou en dan van die lekker koekies kon eet, was ek heel tevrede.

Die strategie om my suster te stuur om die vra-werk te doen is voor-die-hand-liggend. Die kans dat haar versoek toegestaan sal word is groter, omdat sy en my ouma ‘n beter verhouding gehad het.

Ek het eendag na ‘n man geluister wat vertel het hoe jy jou eie geestelike… noem dit maar ‘vlak’ kan bepaal deur op te let na hoeveel mense jou vra om voorspraak vir hulle by God te maak. “Bid jý vir my,” sal hulle sê, omdat hulle kan aanvoel dat jou verhouding met God beter as hulle s’n is.

Ek kan nie onthou wanneer laas iemand my gevra het om vir hulle te bid nie.

Ek bevind my tans op ‘n plek vêr van God af, en dit is sigbaar – duideliker as wat ek gedink het. Ons familie was onlangs bymekaar en daar is ‘n foto geneem. Ek het geskrik toe ek my sien. Ek lyk donker. My oë is dof.

Ek kan al hoor hoe party mense vir my sê ek moet nie so praat nie. Ek moet lewe spreek. Ek verstaan die teorie, maar op hierdie oomblik moet ek doodeerlik wees. Dit is wat ek gesien het. Dit is hoe dit tans is… en ek voel moedeloos.

Ek het hulp nodig. Iemand wat vir mý voorspraak sal doen by God. Dalk sal Hy hierdie keer hoor en die versoek toestaan. Dalk sal Hy na húlle luister. Wie is daar wat naby aan God is? Wie is daar wat Sy stem duidelik kan hoor? Wie is daar wat ‘n intieme verhouding met Hom het?

Bid asseblief vir my.

Woman's hands in prayer over an open Bible

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s